Samesprekings oor die finale goedkeuring van die nasionale begroting is steeds aan die gang.

So sê President Cyril Ramaphosa sê tydens die Bana Pele-leierskapsberaad vir vroeë kinderontwikkeling.

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het verlede week die 2025-begrotingsrede ter tafel gelê.

Ramaphosa sê hulle gaan ‘n aantal samesprekings met verskeie politieke partye voer.

Hy het egter bygevoeg dat dit nou in die hande van die parlement is en die parlement is die een wat die beoordelaar gaan wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×