Ses-en-twintig skape is laasnag by Phuthadigjhaba nét so in die veld laat staan, toe ‘n vermeende veedief met die trop betrap is. Luidens ‘n polisieverklaring, is dit uitstekende
samewerking, en blitsige optrede, wat gesorg het dat die skape nié die prooi van die verdagte geword het nie. Gemeenskapspolisiëring-eenhede was op patrollie, toe hulle verneem dat iemand moontlik besig is om skaap te steel.

Die skape, met ‘n geskatte waarde van ongeveer 150-duisend rand, is ongedeerd aan die wettige eienaar terug besorg. Die verdagte het te voet op die vlug geslaan. Rosestad-nuus het vroeër berig vee ter waarde van meer as ‘n miljard rand, word jaarliks in die Vrystaat gesteel. Landwyd word daar jaarliks ‘n gemiddeld van ongeveer 30 duisend veediefstalsake aangemeld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×