Samwu, is ouiters ontevrede met die Vereniging vir Plaaslike Regerings, omdat die vakbond vir munisipale werkers van mening is die voortslepende salarisonderhandelinge laat werknemers in die steek. Voorts beskuldig die vakbond die vereniging daarvan dat hy sloertaktiek gebruik, en sodoende die regte van munisipale werkers minag.
Samwu eis ‘n salarisverhoging van agt persent vir elke munisipale werker en verwerp die vereniging se voorgestelde salarisverhoging van 3,75%. Samwu dring op ‘n verhogingsaanbod aan wat bo die inflasiekoers is.