Samwu sê hulle gaan Bloemfontein tot stilstand bring met ‘n staking vroeg in Februarie

 Samwu sê hulle gaan Bloemfontein tot stilstand bring met ‘n staking vroeg in Februarie

Lede van Samwu sê hulle gaan Bloemfontein tot stilstand bring met ‘n staking vroeg in Februarie.

Dit kom nadat talle lede gister by die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein nie daarin geslaag het om agterstallige oortydbetalings, Covid-19-risikogeld en salaris wat aan hulle verskuldig is, kon opeis nie.

Netwerk24 berig die staking sal die 4de Februarie in aanvang neem.

Volgens Samwu-lede het hulle ‘n permit gekry vir hul staking.

Volgens adv. Mzwakhe Mofokeng, die administrateur, is werkers alle geld wat hulle verskuldig is betaal.

Hy voer verder aan dat geen munisipaliteit in Suid-Afrika wat Covid-19-risikogeld betaal nie.

Mofokeng sê ook die werkers is gesê dat die Mangaung Metro nie oortyd betaal vir meer as 40 uur per maand nie.

LeandreAdmin@