Die vakbond Samwu het gesê dringende ingryping is op die hoogste vlak nodig by munisipaliteite. Dít om te verhoed dat munisipaliteite heeltemal ineenstort. Die vakbond het gister sy kommer oor die toestand by munisipaliteite landswyd uitgespreek. Dit was in reaksie op die minister in die presidensie belas met beplanning, monitering en evaluering, Maropene Ramokgopa, se kommentaar dat 163 van die land se 257 munisipaliteite in nood verkeer. Soveel as 66 van hierdie munisipaliteite is heeltemal wanfunksioneel.
1 Comment
Comments are closed.