Dit het gisteroggend gelyk of lede van die EFF en Sanco in samesprekings oor volgende
stappe betrokke geraak het, toe hulle in die suide van Bloemfontein opdaag. Die twee groepe
het elk op sy eie hoek by die Pellissier/Curielaan-kruising gestaan en van die leded het
kort-kort na mekaar toe gestap vir gesprekvoering. ‘n Uur of wat later het hierdie mense die
kruising so stelselmatig verlaat dat dit amper ongesiens was, totdat daar net ‘n handjievol
oorgebly het. Dit is by dieselfde kruising waar ‘n groep van omtrent 150 mense vroeër deur die
polisie met ‘n enkele skokgranaat uitmekaar gedryf is, en dit was hierdie aksie wat daartoe
gelei het dat sekere grondbesetters die strate van Pellissier ingevaar het.