Die Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê hy gaan aan die waarnemende hoofregter, Raymond Zondo, skryf oor die kwessie dat joernaliste toegang tot howe geweier word. Die forum sê hy is bekommerd oor beperkings op die media se toegang tot landdros- en hooggeregshowe. Dit is ondanks die riglyne oor mediatoegang wat deur die Landdroskommissie daargestel is. SANEF het sy eerste raadsvergadering vir die jaar in Kaapstad gehou. Die forum wil hê dat Regter Zondo moet ingryp in wat hy beskryf as ‘n duidelike skending van die grondwet. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×