Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, SANEF, sê hy is teleurgesteld met die departement van Basiese Onderwys se besluit ter elfder ure om nié verlede jaar se matriek-uitslae te publiseer nie. SANEF sê die besluit is betreurenswaardig. Hy sê die departement het almal onkant betrap met die aankondiging wat sonder waarskuwing of konsultasie gedoen is. Hy sê die besluit hou groot verliese vir mediahuise in weens duur voorbereidings vir die spesiale uitgawes, soos om bykomende papier aan te koop. Die departement het vroeë sy besluit toegeskryf aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, kortweg bekend as die POPI-wet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×