Eric Carmen, Amerikaanse sanger en liedjieskrywer van treffers soos “Hungry Eyes” en “All by Myself”, is in die ouderdom van 74 dood. Sy vrou Amy het die nuus op sy webtuiste aangekondig en gesê hy is in sy slaap oorlede.

The Guardian berig Carmen was die hoofsanger van die groep die Raspberries in die 1970’s. Die groep se grootste treffer was “Go all the Way”. Carmen het in sy solo-loopbaan treffers soos “All by Myself” geskryf, wat ook ‘n treffer vir Celine Dion in 1996 was asook “Hungry Eyes” van die Dirty Dancing-klankbaan in die 1980’s. Hy word ook oorleef deur twee dogters. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×