Sanlam beplan verpligte inenting vir sy personeel

Die lewensversekeraar Sanlam het gister bevestig dat hy besig is om ook ‘n beleid op te stel waarin personeel in Suid-Afrika verplig sal word om inenting teen Covid-19 te ontvang.

Dit volg nadat Netwerk 24 verlede week berig het dat die Discovery-groep sy personeel gaan verplig om in te ent.

Sanlam, wat alreeds 36 personeellede verloor het weens Covid-19, is vasbeslote om verdere lewensverlies te voorkom, of tot ‘n minimum te beperk.

Veranderinge word ook later vanjaar in Sanlam se onderskrýwing ingestel.

Dit gaan behels of iemand ingeënt is by die verkoop van sekere polisse aan kliënte met spesifieke tipe risiko’s.

Luister na potgooie hieronder