Sanparke bied weer hierdie jaar September die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeweek aan.
Dit word van 16 tot 24 September aangebied en sal hierdie jaar die 18de jaarlikse parkeweek wees.
Die doel van die week is om Suid-Afrika se natuurlike, kulturele en geskiedkundige erfenis deur die nasionale parkestelsel te beskerm.
Tydens die week kan Suid-Afrikaners op seker dae gratis sekere parke besoek.