SANParke het ‘n klein toesigvliegtuig by sy arsenaal teen stropery by die Addo Olifantpark in die Oos-Kaap gevoeg. Dit is om veiligheid te versterk en stropery in die land se nasionale parke hok te slaan. Die mynreus, Anglo American Platinum, het die vliegtuig aan die park geskenk. Sanparke se woordvoerderIsaac Phaahla, het aan News24 gesê verskeie nuwe tegniese toerusting word nou in parke gebruik om stropers vas te trek. Sommige word reeds in die Kruger Nasionale Park gebruik soos gevorderde kamera sisteme en honde wat deur tegnologiese toestelle ondersteun word in gebiede waar renosters is. Daar was landwyd ‘n 11% afname in renoster-stropery die eerste ses maande van die jaar vergeleke met 2022, asook ‘n afname in stropery in die Kruger Park. Een-en-dertig stropers is gevonnis. Die park is besig om sy besprekingsisteem te verbeter en gaan ook nie meer kontant transaksies doen nie, het Phaahla gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×