SanParke sê hy verwag minstens 30 000 besoekers by die Krugerwildtuin as deel van vanjaar se SanParkeweek.
Die 19de SanParkeweek duur tot Sondag.
In dié week kan dagbesoekers gratis besoek bring aan die meeste van die 21 nasionale parke in die land.
Die woordvoerder van SanParke, Ike Phaahla, sê aan SABC-nuus veiligheidsbeamptes is ontplooi om wet en orde te handhaaf. Hy sê hulle word veral in brandpunte ontplooi, en hulle sal vergesel wees van polisielede en soldate.
Phaahla sê die wetstoepassers sal toesien dat die Wildtuin se regulasies nagekom word, en dat die spoedbeperking van 50 kilometer per uur op teerpaaie en 40 kilometer per uur op grondpaaie gehandhaaf word.