Die Organisasie teen Belastingmisbruik nader nou die Inligtingsreguleerder, oor Sanral en Ceta.
Dié twee entiteite, weier skynbaar die openbaarmaking van inligting wat moontlik op bedenklike transaksies kan dui. Sanral, SA se Nasionale Padagentskap, weier volgens Outa om inligting oor ‘n kontrak van vier-komma-sewe miljard rand met AquaEXR bekend te maak.
Ceta, die owerheid vir konstruksie-onderwys- en -opleiding weier in ‘n onverwante aangeleentheid, om besonderhede te verstrek oor ‘n R24m-kontrak met Grayson Reed. Uitvoerende direkteur van Outa se aanspreeklikheidsvleuel, Stefanie Fick, verduidelik volgens Wet is dit is slegs in uiters seldsame gevalle dat ‘n entiteit sekere sensitiewe inligting mag weerhou: