Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, of SANRAL, het gesê hy is bereid om verantwoordelikheid te aanvaar vir die R708-pad in die Vrystaat.

Dit kom nadat R7,7 miljoen beskikbaar gestel is om slaggate op die pad tussen Winburg en Theunissen te herstel, maar dit nooit gedoen is nie.

George Michalakis, DA-LP in die Winburg-kiesafdeling, het gesê die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, moet nou ‘n skriftelike versoek aan die Minister van Vervoer rig om
die pad tot nasionale pad te verklaar.

Sodra dít gedoen is, sal dit onder die jurisdiksie van SANRAL val.

Die party het die premier gemaan om hierdie versoek so gou moontlik by die minister in te dien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×