Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, of Sanral, het vier groot padboutenders ter waarde van sewe miljard rand toegeken.
Dié kontraktoekennings is vir die N2 Wild Coast-hoofweg in die Oos-Kaap en die N11-hoofweg in KwaZulu Natal.
Sanral het gesê die toekenning van die kontrakte sal help om die konstruksiebedryf ’n hupstoot te gee, en moet ook gesien word as deel van ’n breër regeringspoging om in infrastruktuur te belê.
Rostestad 100.6FM-nuus het middel Desember berig die DA in die Vrystaat verwelkom die LUR van polisie, paaie en vervoer, Kwekwe Bulwane, se versekering dat die R26 tussen Bethlehem en Ladybrand herstel sal word, ná jare se versoeke in die wetgewer en betogings deur gemeenskapsgroepe.
Dié hoop kom ná ‘n aankondiging dat onderhandelings tussen die provinsiale regering en Sanral skynbaar toe reeds in ‘n gevorderde stadium was.