Sanral verhoog sy tolgeld vanaf 1 Maart met ‘n gemmiddeld van 6,25%.
Die bestuurder van ‘n passasiersvoertuig sal dan R72,20 moet betaal om deur die Verkeerdevlei-tolkhek op die N1 buite Bloemfontein te ry. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sê hy hou wel verbruikersprys-inflasie in gedagte met sy jaarlikse verhogings.
Daar is altesaam 60 tolhekke in Suid-Afrika. Hiervan word 50 deur Sanral en sy vennote bedryf. Die tolhek op Chapmanspiek word deur die Wes-Kaapse regering bestuur.