Ure nadat owerhede ‘n noodtoestand by die Griekse eiland, Santorini, aangekondig het, is die waters rondom die einland deur nog aardskuddings getref.
Die toeriste-brandpunt is hierdie week deur seismiese aktiwiteit geruk met duisende aardbewings wat sedert die naweek aangeteken is.
‘n Aardbewing van vier-komma-ses is Donderdagaand in die see tussen Santorini en ‘n ander eiland, Amorgos, aangeteken, gevolg deur ‘n aardbewing van vier-komma-twee sowat twee uur later.
Intussen het inwoners van Santorini met nagpatrollies begin te midde van vrese vir plundering op die eiland, wat grootliks verlate gelaat is aangesien die meeste inwoners weg is.