Met voëlgriep wat nou weer oor Europa en Amerika versprei het, maak die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) gereed, aangesien trekvoëls binnekort die virus na Suid-Afrika kan bring.

Primedia berig die laaste keer toe voëlgriep deur Suid-Afrika se pluimveesektor gespoel het, is miljoene voëls van kant gemaak, wat in 2023 ‘n verstommende verlies van ongeveer R9,5 miljard tot gevolg gehad het.

Die hoof uitvoerende bestuurder van die Suid-Afrikaanse Pluimvee vereniging, Izaak Breitenbach, waarsku dat indien daar weer ‘n voëlgriep-uitbreking is, sal die potensiële verlies van die helfte van die land se pluimveetroppe ‘n verwoestende impak hê – nie net finansieel nie, maar ook op voedselsekerheid.

Hy beklemtoon dat Suid-Afrika se huidige biosekuriteit en uitskotprosedures nie genoeg sal wees om ’n ernstige uitbreking te bestuur nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×