Die vakbond Solidariteit sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens gebruik steeds die Telkom Towers-gebou in Pretoria, al is dit onveilig verklaar.
Die Minister van Openbare Werke, Dean MacPherson, het ‘n onafhanklike ondersoek na die aankoop van die gebou geloods. Die ondersoek moet bepaal waarheen die R200-miljoen gegaan het wat vir opknappings toegeken is.
Die gebou, wat in 2016 vir meer as R690-miljoen gekoop is, sou as die polisie se hoofkantoor gebruik word, maar is vroeër vanjaar ongeskik vir gebruik verklaar.