Die nasionale kommissaris van die polisie, Generaal Fannie Masemola, sê SAPS het oorlog verklaar teen misdadigers wat polisiebeamptes aanval en doodmaak. Hy het die polisie in die Vrystaat geprys vir hul vinnige optrede deur twee verdagtes te arresteer vir die moord op Adjudant Johannes du Randt, hoof van die polisie se speurtak op Villiers. Die 48-jarige Du Randt is vroeg Vrydagoggend doodgeskiet tydens ‘n swaarvoertuig-kaping op ‘n grondpad naby die N3 tussen Villiers en Standerton. Die verdagtes het in ‘n BMW met vals nommerplate agter die swaarvoertuig gery. Die twee verdagtes is binne 24-uur aangekeer, het die polisie se nasionale woordvoerder, brigadier Athlenda Mathe gesê. Generaal Masemola en ‘n groep senior offisiere het Saterdag die familie van Du Randt besoek om die polisie se ondersteuning en medelye aan te bied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×