Onderwysers oor die hele land heen was in ‘n warboel, nadat hulle ‘n laataand teksboodskap, wat sê dat hul SARO-lidmaatskap opgeskort is, ontvang het.
Dit het menigde onderwysers in angs gelaat angesien hulle lede van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders moet wees om as onderwysers te werk.
Op ’n vraag van The Citizen oor hoekom soveel onderwysers geskors word, het SARO-mediawoordvoerder, Risuna Nkuna, gesê SARO het ’n SMS aan geregistreerde lede uitgestuur wat histories en tans fooie aan hulle verskuldig is. Die doel van hierdie SMS’e was om die huidige situasie van die lidmaatskapstatus reg te stel.
Volgens ‘n SARO-mediaverklaring het hulle die SMS’e terugtrek, en sê dat SMS-prosesse weer gedurende die eerste kwartaal in 2025 hervat sal word. SARO het omverskoning gevra vir die ongerief en angs wat die SMS’e mag veroorsaak het.