Sasop bekommerd oor die toename in geestesgesondheidsprobleme weens Covid-19

 Sasop bekommerd oor die toename in geestesgesondheidsprobleme weens Covid-19

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters, Sasop, sê hy is erg bekommerd oor die toename in die aantal mense met angsversteurings weens die impak van Covid-19.

Dit was die boodskap van die vereniging ter herdenking van Internasionale Geestesgesondheids-opvoedingsdag gister. Die organisasie het sy stem gevoeg by die van die Wêreldgesondheidsorganisasie, wat ‘n beroep gedoen het om toegang tot geestesgesondheidsdienste te verbeter.

Dit is wêreldwyd die mees verwaarloosde vertakking van openbare gesondheid. Sasop se pasverkose president, Dokter Sebolelo Seape, het aan die SABC gesê alles begin by opvoeding.

Michiel Combrinck