Sasria staar bankrotskap in die gesig

Die voorsitter van Sasria, Moss Ngoasheng, het gister aan die nasionale raad van provinsies se staande komitee oor finansies erken dat Sasria, die staatsonderneming wat versekering vir openbare geweld verskaf, bankrot is.

Volgens Ngoasheng beloop die eise wat ná die onluste in Julie ingestel is, bykans R25-miljard, terwyl die bates van Sasria slegs R9-miljard is.

Cedric Masondo, besturende direkteur van Sasria, het die dilemma bevestig.

Na wat berig word, het die tesourie ‘n reddingsboei van R3,9-miljard beloof om die versekeraar te herkapitaliseer, maar dit is nie naastenby genoeg nie.

Sasria is as staatsonderneming gestig ná die Soweto-opstande in 1976.

Luister na potgooie hieronder