Sowat 190-duisend begunstigdes van maatskaplike toelae in die Wes-Kaap het nog nie hulle goue Sassa-kaarte met ‘n swart Posbank-kaart vervang of na ander banke oorgeskuif nie.
SABC-nuus berig die provinsiale minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Jaco Londt, sê begunstigdes het tyd tot Donderdag om hulle kaarte te vervang, en die regering het vroeër aangedui dat die sperdatum nie weer uitgestel sal word nie.
Londt sê teen Dinsdag het sowat 102-duisend begunstigdes reeds hulle kaarte vervang, terwyl 28-duisend gekies het om na ander banke oor te skuif.
Hy het ‘n beroep gedoen op die oorblywende begunstigdes om hulle kaarte voor die sperdatum te vervang.