Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, of Sassa, het gedurende die laaste drie boekjare sowat ‘n 140-miljoen-rand se toelaes uitbetaal aan 74-duisend mense wat reeds dood is. Netwerk 24 berig Sassa het gesê die meeste van die uitbetalings word nie aan korrupsie toegeskryf nie, maar hou verband met die tydsberekening wanneer naasbestaandes die dood van begunstigdes aanmeld. Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het in antwoord op ‘n geskrewe vraag van die DA se Jacques Smalle gesê stappe word gedoen in samewerking met binnelandse sake om sulke bedrieglike betalings in die toekoms te voorkom. Byna 18 miljoen Suid-Afrikaners maak staat op maandelikse Sassa-toelaes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×