Meer as 5 miljoen Sassa-begunstigdes se goue kaarte verval oor minder as drie maande.
Maroela Media het verneem die departement van maatskaplike ontwikkeling weet egter steeds nie watter diensverskaffer nuwe kaarte aan die begunstigdes gaan uitreik nie.
Minister Lindiwe Zulu het in Julie gesê daar is ʼn verspreidingsplan om Sassa-kaarte te vervang, en om begunstigdes ook betyds te laat weet wanneer hul nuwe kaarte afgehaal kan word.
Dit kom voor of die plan nog nie in werking gestel is nie.
Talle meen Zulu het geen ander keuse nie, as om die Betalingsvereniging van Suid-Afrika te nader vir ʼn verlengingstydperk van die kaarte se vervaldatum.