SASSA het bevestig dat die R350-verligtingstoelaag aan minder mense beskikbaar gaan wees.

Find-It berig enigiemand wat finansiële ondersteuning van hul gesin ontvang, bo die waarde van R350 maandeliks, sal uitgesluit word van die volgende rondte aansoeke.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het Vrydag hul planne met LP’s gedeel.

Lindiwe Zulu, die minister van maatskaplike ontwikkeling, het in haar skriftelike voorlegging aan die Parlement bevestig dat haar departement ‘n plig het om SASSA-fondse te bewaar, en hoop dat hierdie inperking sal help om die staat se geld te kanaliseer na die vir wie dit bedoel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×