Die DA sê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid van Suid-Afrika (Sassa) het geen planne om hul mislukkings in dienslewering op te los nie.
Sassa het vroeër vandeesweek die Staande Komitee oor Maatskaplike Ontwikkeling in die Wes-Kaapse wetgewer toegespreek. Volgens die DA het die inligtingsessie aan die lig gebring dat kritieke ondoeltreffendheid by die agentskap sy vermoë verswak om dienste doeltreffend te lewer.
Die party se Wendy Kaizer-Philander sê Sassa het versuim om ‘n samehangende plan te implementeer om homself te herbou, en versoek die Nasionale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om ‘n plan te maak om Sassa te help.