Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) hoop om al 2.6 miljoen begunstigdes teen Donderdag se sperdatum geregistreer te hê.

Primedia berig meer as 450 000 Sassa-begunstigdes het in Februarie alleen na Postbank-swartkaarte gemigreer.

Volgens Post Bank was registrasiegetalle laag toe hulle verlede September met die migrasieproses begin het, en het aansoeke opgetel toe die aanvanklike 28 Februarie sperdatum aangekondig was.

Post Bank het na hulle oor lang toue en personeeltekorte gekritiseer was, sy dienssentrums na 329 verhoog.

Volgens die bank se uitvoerende hoof, Nikki Mbengashe, word 200 begunstigdes daagliks geregistreer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×