Postbank het maatskaplike toelae-begunstigdes gerusgestel dat bestaande Sassa-gouekaarte sal aanhou werk totdat dit deur die nuwe Postbank Swartkaart vervang word. Dit kom ná verwarring oor die 31 Desember-vervaldatum van die goue kaart.
‘n Landwye uitrol van die Postbank Black Card het in reeds in verskeie provinsies begin. Begunstigdes word aangeraai om enige kennisgewings te ignoreer wat hulle vra om hul betaalmetodes te verander.