Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid – Sassa – het die proses om die ou goue kaart met nuwe swart Posbank-kaarte te vervang, tydelik opgeskort weens voldoeningskwessies wat deur die Reserwebank geopper is.

SABC-nuus berig sowat een-komma-drie miljoen begunstigdes het nog nie hul ou goue kaarte na die nuwe swart Posbank-kaarte of alternatiewe bankkaarte oorgeskakel nie.

Die Reserwebank het die goue kaarte se geldigheid tot 31 Mei verleng om ontwrigting met uitbetalings aan begunstiges te verhoed.

error: Inhoud is beskerm !!