Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het die sperdatum vir begunstigdes om van die goue kaarte na die nuwe Postbank swart kaarte oor te skakel, verleng.
Die sperdatum vir die kaartvervangingstydperk is van 28 Februarie na 20 Maart verskuif.
Die goue kaarte sal na hierdie sperdatum ophou werk.
Die Ministerie van Maatskaplike Ontwikkeling se woordvoerder, Sandi Mbatsha, sê mobiele kantore sal na landelike gebiede gestuur word om inwoners by te staan.
Hy voeg by dat begunstigdes wat nie die kaarte teen die nuwe sperdatum omruil nie, steeds hul toelaes sal ontvang, hulle sal egter net hul toelaes by hul naaste poskantoortak kan ontvang.