Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, of SASSA, waarsku sy lede om nie sosialemedia-rekeninge te volg wat hulle as SASSA voordoen nie. Dit kom nadat dié agentskap ‘n groeiende aantal sosialemedia-groepe opgemerk het wat die SASSA-logo en inligting gebruik, maar wat nie met SASSA geaffilieer is nie. Die rekeninge gebruik glo die inligting wat deur SASSA verskaf word om lede van die publiek te lok en te bedrieg. SASSA-woordvoerder, Paseka Letsatsi, het ‘n beroep op die publiek gedoen om nie hierdie blaaie te volg nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×