Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid, of Sassa, waarsku begunstigdes van sy maatskaplike toelaes om nie die prooi van ‘n slenter te word waarvolgens instansies hul voordoen as Sassa, en dan “lenings” aan Sassa-begunstigdes aanbied nie.

Volgens die GroundUp-webwerf, word geen lenings deur Sassa toegestaan nie. Sy doel is om maatskaplike toelaes toe te ken.

Sassa waarsku sy begunstigdes om lig te loop vir enigiemand wat ‘n sogenaamde “Sassa-lening” aan hulle wil bied.

Indien dit sou gebeur moet Sassa se Nasionale hulplyn onmiddelik geskakel word om die voorval aan te meld.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×