Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, het die ooreenkoms tussen die SAUK en MultiChoice oor uitsaairegte vir die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi verwelkom.

MultiChoice het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms met die SAUK bereik het om uitsaairegte aan die openbare uitsaaier vir die Rugby Wêreldbeker te sublisensieer.

Die minister se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê dit beteken dat miljoene Suid-Afrikaners die Wêreldbeker-rugbytoernooiwedstryde sal kan kyk, insluitend al die Springbok-wedstryde.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×