SAUK gaan vandag die Parlement se Portefeulje Komitee oor Kommunikasie toespreek

Die SAUK gaan vandag die Parlement se Portefeulje Komitee oor Kommunikasie toespreek oor sy jaarlikse begroting en bedryfsplanne.

Verlede week het die korporasie die parlement verseker dat die onlangse afleggings by die openbare uitsaaier geen invloed sal hê op sy nuusdekking van die plaaslike regeringsverkiesings op 27 Oktober nie.

Die Hoof van Nuus, Phatiswa Magopeni, het ook die lede van die Portefeulje Komitee verseker dat die SAUK nie ‘n tekort aan hulpbronne het om nuusdekking aan die verkiesing te gee nie.

Intussen sal die Poskantoor ook vanaand die komitee toespreek oor sy jaarplanne en -begroting.

Luister na potgooie hieronder