Die organisasie Section27 verwelkom die uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl in die saak van die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders rakende lyfstraf. Die saak het betrekking  op twee onderwysers wat twee laerskoolleerders lyfstraf toegedien het. In een van die voorvalle het die onderwyser ‘n plastiek pyp gebruik om ‘n leerder oor die wang te slaan. Dit het daartoe gelei dat die leerder ‘n noodoperasie ondergaan het.

Tydens die uitspraak het die hof bevestig dat die raad die plig het om leerders te beskerm. ’n Verslag deur Statistieke Suid-Afrika het aan die lig gebring dat byna die helfte van die kinders wat geweld in skole ervaar in die Oos-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Noordwes woon. Die verslag toon dat ‘n hoër persentasie kinders regoor die land aangemeld het dat hulle tussen 2009 en 2019 die onderwerp van lyfstraf deur ‘n onderwyser was.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×