Seiko Hasjimoto, president van die Tokio-reëlingskomitee, het bevestig dat die verbruik van alkohol by die Olimpiese Spele verbied word

Seiko Hasjimoto, president van die Tokio-reëlingskomitee, het bevestig dat die verbruik van alkohol by die Olimpiese Spele verbied word.

Volgens Hasjimoto is diè besluit geneem in ‘n poging om die publiek groter gerusstelling te gee dat ‘n veilige en gesonde Spele aangebied sal word.

Sy het vroeër die organiseerders se besluit verdedig om toeskouers by die sportskouspel toe te laat.

Maandag is aangekondig dat nie meer as 10 000 toeskouers per stadion toegelaat sal word om die Spele by te woon nie.

Afhangend van die Covid-19 situasie in Tokio kan diè beperking van toeskouers selfs nog verder verminder word.

Die eerste minister van Japan, Josjihide Soega, het gesê as ‘n noodtoestand in Tokio tydens die Spele van krag is, kan daar wel besluit word dat geen toeskouers by die stadions toegelaat sal word nie.

Luister na potgooie hieronder