Die leier van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, het die week tydens ‘n potgooi van MacG’s and Chill gesê hy en ander leiers van die ANC was in 2012 gewaarsku om nie vir Ramaphosa te steun om vise-president te word nie. Hulle het hom egter ingestem. Magashule, die voormalige ANC sekretaris-generaal, wat deur die ANC uitgeskop is en ‘n paar weke gelede sy eie party gestig het, het gesê in 2017 was die bordjies verhang omdat faksionalisme in die party op sy hewigste was. In 2017 het die SAKP en Cosatu omgedraai en Ramaphosa ondersteun terwyl die ander groep vir Nkosazama Dlamini-Zuma ondersteun het. Magashule het gesê hy het slegs vir Ramaphosa ondersteun in 2012 omdat hy nie bewus was van sekere inligting nie. Hy het gesê hy wil nie slegpraat van enigeen in die ANC soos Fikile Mbalula met ander mense doen nie. Magashule het gesê hy kan met ‘n paar sinne vir Mbalula van die tafel vee.     

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×