Nadat Bloemfonteiners vir 12dae lank geteister is deur watertekorte is daar weer sekere woonbuurte wat sonder water sit.  Volgens Waterkenner van die DA, Rossouw Botes, is die reservoir stadig besig om vol te loop en behoort water later weer beskikbaar te wees.  Volgens Botes bestaan die moontlikheid dat Bloemwater die watertoevoer kan verminder na 30% oor agterstallige skuld, maar of dit al geimplimenteer is, is onduidelik.  Die watertekorte in veral die noorde word toegeskryf aan die aanleg wat afgeskakel is by die reservoir weens ‘n tekort aan chloor om die water te behandel.  Botes het gesê dat daar vanoggend ‘n vergadering is met die  Burgemeester oor die kwessie.  Rosestad nuus sal u op hoogte hou van enige verwikkelinge.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×