Al het onderwysers-unies nie amptelike voorskrifte oor die verkoop of drink van energiedrankies by skole nie, moet kinders eerder nie enige energiedrankies in skooltyd drink nie.
Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse onderwysersunie, of SAOU, het gesê dat daar onderskeid getref moet word tussen verskillende soorte energiedrankies.
Hy het gesê die probleemdrankies is dié, wat ’n hoë kafeïen-inhoud het.
Volgens hom is die probleem dat veral jong leerlinge hierdie drankies in skooltyd drink en dan “vanweë hartkloppings hiperaktief raak”.
Hy glo ook dit kan tot probleme met betrekking tot dissipline lei.
Hy het gesê alle energiedrankies, ongeag van watter handelsmerk, is ongetwyfeld ongewens gedurende skool-ure. Hoewel dit nie teen die wet is nie, behoort kinders steeds nie hierde endergiedrankies te drink nie.
Hy glo die opvoedingstaak hieroor, begin tuis.