Die Mangaung Metro het in ‘n media-verklaring gesê dat groot dele van Bloemfontein en omliggende gebiede geraak gaan word deur wateronderbrekings.
Hierdie beplande wateronderbrekings gaan op die 22 & 23 Junie plaasvind as gevolg van Eskom wat onderhoud gaan doen op sy 88kv kraglyne wat die Welbedachtdam, Novo- en die Knelpoort substasie van elektrisiteit verskaf.
Die beplande wateronderbrekings gaan vir 12 ure per dag duur en die volgende areas gaan geraak word: Brandkop, Dewetsdorp en Wepener.