Weens die Carling Black Label Cup-eindstryd tussen Magesi FC en Mamelodi Sundowns wat vanmiddag gespeel gaan word, sal daar padsluitings rondom die Vrystaat Toyota-stadion wees.

Die volgende toegangspaaie sal tot aan die einde van die wedstryd gesluit wees: Horaklaan, 1ste Laan en Betogerslaan. Mangaung Metro-munisipaliteit se algemene kommunikasiebestuurder, Qondile Khedama versoek lede inwoners om vanaf vyf-uur alternatiewe roetes te gebruik.

Dit weens die atletiek en ‘n krieketwedstryd wat ook vandag by die Mangaung Oval plaasvind. Motoriste en voetgangers word versoek om geduldig te wees en met verkeers- en wetstoepassers saam te werk. Motoriste word ook gewaarsku dat voertuie wat op sypaadjies en onwettige ruimtes of voor die noodhekke geparkeer is, weggesleep sal word.

error: Inhoud is beskerm !!