Die minister van Staatsdiens en Administrasie, Noxolo Kiviet, het ‘n 4,7% salarisverhoging vir nie-senior staatswerker-bestuurders aangekondig.
Die loonverhoging geld vir lede op vlakke een tot 12 in die staatsdiens vir 2024. Volgens Kiviet het die regering verskeie faktore oorweeg om te verseker dat daar aan die behoeftes van staatsamptenare voldoen word, en om doeltreffende staatsdiens te lewer.
Die salarisverhoging tree op 1 April in werking.