Die Mangaung Metro Munisipaliteit het Donderdagmiddag ‘n verklaring uitgereik waarin hy die inwoners van Bloemfontein in kennis stel van die tydelike sluiting van sommige strate om die Bloemfonteinse hooggeregshof.

Dit kom weens die verskyning van Ace Magashule Vrydag.

As deel van omsigtigheidsmaatreëls, sal President Brandstraat, tussen President Boshoff en St. Andrews, en St. Georgestraat, tussen Markgraaff en Westburger, vanaf middernag Donderdag gesluit wees tot na die hofverrigtinge Vrydag.

Lede van die publiek word versoek om alternatiewe roetes te gebruik vir die duur van die sluiting.

Die verkeersdepartement sal ook saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens werk om monitering en die gladde vloei van verkeer te reguleer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×