Huisinbrake in Bloemfontein is besig om toe te neem in veral woonbuurtes soos Langenhovenpark en Brandwag, het ‘n sekuriteitsmaatskappy gister gewaarsku.

Dit word ‘n tendens vir inbrekers om oor heinings en mure spring en dan waardevolle besittings uit huise, meenthuise en woonstelle te steel.

‘n Woordvoerder van Fidelity ADT, het gesê hulle ontvang toenemend verslae van inbrekers wat tussen tien uur snags en twee uur in die oggend op mure of dakke rondloop en dan enigiets steel wat rondlê.

Die diewe steek ook hulle hande deur vensters om goedere soos klein elektriese toebehore te steel.

Die firma het inwoners versoek om dit moeilik te maak vir inbrekers om in ‘n erf of kompleks te kom.

Hulle beveel elektriese omheinings aan asook laser-ogies.

Inwoners moet ook hulle motorhekke toegesluit hou in ‘n omhulsel en seker maak die alarm werk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×