’n Vier-en-tagtigjarige oud-onderwyser se seksuele aanrandingsverhoor begin vandag in die Wynberg-streekhof. Die beskuldigde, slegs bekend as Meneer W staar veelvuldige aanklagte in die gesig wat verband hou met seksuele misbruik van seuns in Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk, of VK gedurende sy 40-jarige onderwysloopbaan.

News 24 berig hy het homself vrywillig aan die polisie oorgegee in Januarie verlede jaar. Dit, nadat ‘n voormalige leerling van die Rondebosch Boys Preparatory School skool beweer het Meneer W het hom seksueel aangerand in 1988 terwyl hy in graad 7 was. Mnr W is ‘n  voormalige onderwyser van dié skool.

Hy veg ook teen sy uitlewering aan die VK, waar hy ook teregstaan ​​op ontelbare aanklagte van seksuele mishandeling van kinders. Van die misdade is glo by die Edinburgh Academy en Fettes College in Skotland gepleeg. Miranda Jordan, stigter van Women and Men Against Child Abuse, ondersteun die Suid-Afrikaner wat die klag gelê het en sê dit is skrikwekkend dat so ‘n “monster” vir dekades weggekom het met sy dade. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×