Die Edgar Legoale-stigting het die Vrystaatse onderwysdepartement versoek om vinnig en beslissend op te tree, om die stygende vlaag van seksuele misbruik in skole aan te spreek.

Dit volg na die afdanking van ’n Vrystaatse-onderwyser vir die seksuele aanranding en teistering van drie leerders, waarvan twee minderjarig was.

Central News berig terwyl die stigting hierdie besluit verwelkom, waarsku hulle dat die 12 aangemelde gevalle van wangedrag deur onderwysers in die provinsie, gedurende die 2024/25-tydperk, ‘n dieper krisis aandui wat dringende aandag verg.

Intussen het die Departement van Basiese Onderwys reeds stappe gedoen om hierdie kwessie aan te spreek, soos die bekendstelling van die protokol vir die bestuur en aanmelding van seksuele mishandeling en teistering in skole.

error: Inhoud is beskerm !!