Aldus die minister van polisie, staan honderde private sekuriteitsmaatskappye die polisiediens in aanloop tot die verkiesing by. Volgens minister Bheki Cele, is daar landswyd altesaam 23 000 stemlokale. Aan die hand van die amptelike veiligheidsplan, word 500 hiervan as hoërisiko-stemlokale geklassifiseer.
Die minister van verdediging, Thandi Modise, maak dit egter baie duidelik dat die veiligheidstrategie álle persele insluit, en nié slegs plekke wat as potensiële misdaadbrandpunte beskou word nie. Modise sê daar sal genadeloos teen wetteloosheid opgetree word.